top of page

My Storie Frik Schoultz


(Oom Frik n inspirasie vir almal wat hom ken. Of leer ken. Die oom is oppad, en ons moet net by hou)

Toni


"My volgende toetse is die 22 ste Oktober Nou wat as die telling opgaan? Ek berei my klaar voor My siening is as die telling af gaan is dit fine en as die telling opgaan ook fine!

Waarmee ek tans besig is is 3 dinge waaraan ek my volle aandag gee met n passie No 1 ek is besig om in my groente tuin te te werk Ek spit... dolwe grond om gooi kompos en ek plant allerhande groentes en ek doen dit met n passie Nooit geweet dat ek dit so kan geniet nie Seker geen meer satisfaksie as om te kyk met verwagtinge hoe die saadjies opkom nie My tuintjie is klein maar ek is lief om te doen wat ek doen

Tweedens is ek elke oggend op my oefen fiets wat ek jare gelede gedoen het Ek het raad gekry om te oefen want met die behandeling kwyn my spiere weg Hardloop of draf kan ek nie maar ek kan trap Ek doen dit met n wil en n passie elke oggend om my spiere weer los en soepel te kry

Derdens is ek besig om my viswors en pattie projek op volle dreef te kry Ek het mense wat vir my visvang aangesien dit op die stadium vir my n mors van tyd is om self langs die water te gaan sit dan sal my fiets trappery en tuin werkies daar onder lei

Ek hou my regtig baie besig elke dag om die 3 passies uit te leef

Nou terug na 22 Oktober sou my telling op gegaan het wil ek so positief wees met my projekte dat whatever die uitslae ookal moet wees dit my nie moet demotivate nie

Ek sien dit net so ...sou ek niks doen intussen en die toetse is nie in my guns nie is ek immers positief in wat ek gedoen het tot dan en dan sal dit nie so moeilik wees om weer dit te verwerk om weer positief te word nie

Ek is alreeds heeltemal positief in gestel dat my toets uitslae gunstig sal wees

Why? Because I'm a child of God an He support me and i know there is stil a lot of work to do for Him!!!"


Geskryf deur

Frik Schoultz

Admin

The Shackz

1 view0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page