top of page

...kén jy haar regtig..????

Ons is so vinnig om te sê.. "ja ek ken haar"... ...maar kén jy haar regtig... of wéét jy net van haar??

Ken jy haar agv die dinge wat jy van haar gehoor het... of is jou "ek ken haar" gegrond op ander se opinies oor haar??

Daar is 'n groot verskil tussen ..ek ken haar "storie"... en EK KÉN

HAAR HART...

... as jy haar REGTIG kén sal jy haar hart verstaan...

... as jy haar REGTIG kén sal jy haar wêreld verstaan...

wanneer kén jy iemand regtig? ...

... jy sal weet van die dinge wat haar hart laat huil...

... jy sal weet van al haar drome én haar vrese...

... jy sal weet wanneer haar damwal van trane op breekpunt is...

... jy sal weet van die kommer wat sy dapper vir die wêreld wegsteek...

... jy sal weet van al die "battle scars" wat die lewe op haar menswees gelos het...

... jy sal weet wat haar lekker diep uit haar maag laat lag...

... jy sal weet wat haar hartseer maak...

... jy sal weet wat haar kinderlik opgewonde maak...

... jy sal weet wat haar vrede steel...

En wanneer sy jòu TOELAAT om háár REGTIG te kén... moet jy wéét dat sy omgee...

... moet jy weet dat sy die mure om haar brose hart vir jou laat sak...

... moet jy weet dat sy jou genoeg vertrou, soveel so dat sy veilig voel om jou in haar hartskamers toe te laat...

... moet jy weet dat jý vir háár saakmaak...

Voor jy volgende keer sonder om te skroom sê ..."ja ek ken haar"...

Dink eers mooi... kén jy háár REGTIG... of gaan jy jou opinie gee gegrond op wat jy dink jý weet...

... en ás jy haar REGTIG kèn... ag jouself bevoorreg...

... want nie almal is sò gelukkig om hààr(menswees) REGTIG te kén nie...

Toni

Creator & Founder

The Shackz

Emotional Support

083 651 3729

065 741 3428

Carmen

Creator&Founder

Growing Wings

For Queens of all ages

071 060 4339


4 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page