top of page

Frik Schoultz se pad na oorwinning.




Vandag 20 Julie 2022 ongeveer 4 maande gelede ontdek ek het prostaat kanker. Moet sê met alle respek ek like om te sien hoe ons vorder

Julle wonder seker wie is ons Ons is almal wat saam met my in die fight betrokke is... Julle ....my kinders.... my familie...my groot hengel vriend.... My God en almal wat deel uitmaak van my lewe

Ek is baie positief oor wat gebeur het tot nou toe en is nog meer positief oor wat vir my in die toekoms lê Ek sien elke dag uit na dit wat vir my wag en ek kan myself al sien as ek die dag in remissie kan ingaan.

Sedert my behandeling begin het wat behels hormoon inspuitings en n pilletjie n dag het daar n merkbare verbetering in getree Ek slaap meeste vd tyd regdeur die laaste 2 weke of so en is nie elke 3 ure wakker van die natuur wat roep nie Alhoewel ek nog moet staan soos n kameelperd wat water drink om mu skoene en voete nie nat te maak nie,word leeg gemaak wat leeg gemaak moet word.

Ek probeer hard om by die dieete te bly wat ek volg soms moeilik maar ek byt vas Ek n groot vleis liefhebber om nie te praat vd soet tand nie. Julle wonder seker hoekom straf ek myself so met die dieet Moenie wonder short en sweet ek wil oorleef Ek fight hard en ek weet daar is en dal genesing kom Onthou dit het jare gevat vir die disease om in my liggaam nes te skrop en dit kan nie oornag weg gaan nie Net so hard as wat ek fight om dit uit te kry net so hard fight dit terug om nie uit my body uit te gaan nie

Soms is dit ongemaklik met die pyne saam wat my soms half depressed maak maar ek forseer dan my mind om positief te raak. Iets wat ek ook waarneem is dat ek nie onstel moet word nie dan is dit soos n lig skakelaar wat my hele innerlike seermaak Ek het agv dit my omtrent heeltemal ontrek van mense af en bepaal my maar by my eie dingetjies

Ek het so baie ondersteuning van mense rondom my en kan nie elkeen by die naam noem uit dankbaarheid nie Maar tog moet ek n paar name noem Frikkie en Carel my seuns en hulle gesinne Vicky en Letisia my dogters en hulle gesinne Toni van chat shack saam haar admin span Ockie Schoeman en sy gesin My vrou Marie wat uit haar pad gaan met die dieet kos wat sy maak

Elkeen van die ander wat ek nie genoem het nie DANKIE

Alle eer en en elke verbetering wat intree in my lewe kom ALLE eer toe aan my God!!!

Thank God I'm still alive!!!!


Soos vertel deur

Frik 🐟

Admin

Chat Shack

3 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page