top of page

Frik Schoultz se pad na oorwinning.


"Prostaat probleme...wat is dit?

Ek weet nie regtig hoe om te beskryf wa dit werklik is want dit is eintlik vir my n baie persoonlike iets wat moeilik is om in woorde om te sit agv die sensitiewe beskrywing van dit. Wel ek gaan probeer en verskoon maar as daar soms kras woordjies inglip maar daar is nie vir my dalk n ander manier om dit te beskryf nie. Kom ons vat die tyd so bietjie terug na so 4 jaar gelede toe.

Met n dr.ondersoek agv n buik maag noem dit wat jy wil pyn beveel hy toe aan dat ons (altans hy) 'n prostaat toets wil doen Wel dok se ek jy kan maak wat jy wil ek trek net nie my broek af nie. Nee belowe hy dis net n bietjie bloed trek en wegstuur vir ontleding So gesê so gemaak

Na ongeveer n week het hy my laat weet ek moet hom kom sien My meegedeel dat my PSA telling 19 is wat onmiddelike aandag nodig het en my verwys na n uroloog toe Die perd wou sny en nog allerhande ander dinge doen soos gepraat van chemo ens. Wel ek gesê ok en is uit sy spreek kamer uit en die deur toe gemaak om nooit weer terug te gaan Chemo never

Wel ek het myself toe begin dokter met cannabis extraction olies Kankerbos en nog verskeie ander natuurlike meds

Wel ongeveer 3 jaar later het ek toe op aanbeveling van n vriend n spesialis uroloog van America af gaan sien en is deur die selfde reeks toetse waar op my PSA telling toe 13.7 was ...

Ek het met die laaste ondersoek by die Amerikaner besef en besluit lets go for it ek kyk wat kan hy doen. Nou nie die idee kry dat ek agteroor gaan sit en kyk of sy meds gaan werk ...nee ek het voluit navraag gedoen by al wat leef en beef dmv internet en so baie testimonies gekry van mense wat gesond geword het of soos kanker taal in remissie gegaan het dmv die regte dieete dat ek daar en dan besluit het dit is " That's the way to go"

Nie slegs dieete nie maar ook kry jou mind reg en dit was die grootste stryd om jou mindset reg te kry Ek is 70 jaar oud en het n baie goeie lewens styl gehandhaaf tot nou toe Ek het besef dat ek grotendeels self verantwoordelik was vir die kanker in my liggaam deur verkeerd te eet oor die jare en dat dit te danke aan junk kos Om te change na die dieete was n helse aanpassing Ek noem die dieet sommer THE NO MAN MADE FOOD DIEET wat ek daarby bedoel is geen prcessed kosse geen rooivleis geen dairy products Ek kan n elle lange lys van nie toelaarltbare kosse noem gaan kuier gerus by tannie google sy gee wonderlike advies oor kanker dieete

Af gewaterde kos of half gaar groente is nou nie in die klas van n vyfster ete nie maar beslis is daar nie kos vir kanker nie So op die manier bring ek my kant om daai disease te laat vrek vd honger. Wat vleis aan betref ek eet wel vleis as ek 100% seker is dis nie vleis waar die diere op steriods of wat ook al gevoer is nie om dit te bekom is nogal n probleem dus is ek nou heeltemal af hanklik wat vleis aan betref van wildsvleis af

Sederdien ek op die dieete is voel ek liggamlik beter saam met die gebruik vd medikasie Soms is die pyne kwaai maar ek verwerk dit deur my positiewe mindset Om postief te wees is tog mos beter as om negatief te wees Ek is baie aktief in die sin dat ek baie tyd spandeer by die vis waters en my self forseer om klein werkies by die huis te doen My beplanning is long term alhoewel ek leef van dag tot dag One day at a time Laaste maar beslis nie die minste nie My hart is op die regte plek en ek weet sonder my God is hierdie n verlore stryd..."

Frik 🐟

Admin

Chat Shack



23 views0 comments

Recent Posts

See All
Post: Blog2_Post
bottom of page